10 Junie is die 161ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (162ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 204 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1051 – Frederik van Lotaringe (later Pous Stefanus IX (X)) word bibliotekaris van die Vatikaan. 1233 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Virgilius, biskop van Salzburg heilig. 1362 – Guillaume de Grimoard (later Pous Urbanus V) word pouslike legaat in Napels. 1423 – Gil Sanches Muñoz y Carbon word as teenpous in Avignon verkies met die naam Clemens VIII. 1569 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word ambassadeur aan die pouslike hof. 1630 – Pous Urbanus VIII ken die titel Eminensie toe aan kardinale. 1712 – Pous Clemens XI verklaar Andreo Avelino heilig. 1745 – Pous Benedictus XIV publiseer Libentissime quidem oor die vas voor Paasfees. 1809 – Pous Pius VII ekskommunikeer die Franse wat Rome beset het en Napoleon neem die pous gevange. 1847 – Die Chicago Tribune begin publikasie. 1865 – Eerste opvoering van Richard Wagner se opera Tristan en Isolde. 1909 – 'n Referendum word in Natal gehou oor of dié Britse kolonie deel van die Unie van Suid-Afrika moet vorm. Daar is 11 121 stemme ten gunste en 3 701 daarteen. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen Frankryk en Engeland. 1966 – Die renperd Sea Cottage, gunsteling vir die July-wedren, word in 'n oefenloop geskiet en beseer en alle weddenskappe opgeskort. 1967 – Sesdaagse Oorlog: Israeliese magte beëindig hulle opmars in Sirië en hou hulle by 'n VN-skietstaking en bring daarmee 'n einde aan ses dae se gevegte op drie fronte. 2000 – Londen se nuutste brug, die Millenniumbrug, word gesluit vir veiligheidsondersoeke nadat groot skares veroorsaak dat die brug te woes swaai.

Geboortes 1819 – Gustave Coubet, Franse skilder († 1877) 1829 – Eduard Johan Pieter Jorissen, Staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek, regter en staatsman in Suid-Afrika († 1912). 1863 – Louis Couperus, Nederlandse romansier en digter († 1923). 1895 – Hattie McDaniel, Amerikaanse aktrise en die eerste Swart Amerikaner om 'n Oscar te wen († 1952). 1898 – Sita, Afrikaanse skrywer van kinderverhale, jeugverhale, dramas en romans († 1987). 1911 – Ralph Kirkpatrick, Amerikaanse klavesimbelspeler en musikoloog († 1984). 1915 – Saul Bellow, Kanadees-Amerikaanse skrywer wat die Pulitzerprys, Nobelprys vir Letterkunde en die Nasionale Kunstemedalje vir sy skryfwerk ontvang het († 2005). 1918 – Prof. A.P. Grové, Suid-Afrikaanse letterkundige († 2004). 1919 – Moultrie Patten, Amerikaanse akteur († 2009). 1921 – Prins Philip, Hertog van Edinburg, eggenoot van Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk († 2021). 1922 – Judy Garland, Amerikaanse sangeres en aktrise († 1969). 1929 – James McDivitt, Amerikaanse ruimtevaarder en bevelvoerder van Apollo 9 († 2022). 1931 – João Gilberto, Brasiliaanse kitaarspeler, sanger en komponis († 2019). 1932 – Hedley Bull, Brits-Australiese Internasionale verhoudinge akademikus en skrywer († 1985). 1947 – Randee Heller, Amerikaanse aktrise. 1963 – Jeanne Tripplehorn, Amerikaanse aktrise. 1965 – Elizabeth Hurley, Amerikaanse aktrise. 1979 – Svetlana Zakharova, Russiese prima ballerina. 1982 – Stuart Berry, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter. 1992 – Kate Upton, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 1190 – Frederik I (Barbarossa) keiser van die Heilige Romeinse Ryk verdrink in die Saleph-rivier tydens die derde kruistog. 1836 – André-Marie Ampère, Franse fisikus (* 1775). 1858 – Robert Brown, Skotse plantkundige (* 1773). 1868 – Prins Michael III van Serwië sterf in 'n sluipmoordaanval. 1899 – Ernest Chausson, Franse Romantiese komponis (* 1855). 1919 – Peter Rosenberg, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1871). 1926 – Antoni Gaudí, Spaanse argitek (* 1852). 1929 – A.G. Visser, Suid-Afrikaanse digter (* 1878). 1967 – Spencer Tracy, Amerikaanse akteur (* 1900). 1988 – Louis L'Amour, Amerikaanse skrywer (* 1908). 2002 – Dr. Attie van der Colf, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n digter verantwoordelik vir 126 berymings in die Liedboek van die Kerk (* 1933). 2019 – Christine Basson, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1941). 2021 – Alwyn du Plessis, Gereformeerde predikant (* 1932). 2023 - Ted Kaczynski, Amerikaanse terroriste (* 1942). 2025 - André Walters, radio-omroeper, TV-persoonlikheid en skakelbeampte (* 1940).

Kategorie:Junie