8 Junie is die 159ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (160ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 206 dae in die res van die jaar.

Gebeure 536 – Pous Silverius volg Pous Agapetus I op. 1201 – Die Neuss verklaring: Otto IV belowe om kettery te bestry. 1501 – Basel word in die Switserse Bondgenootskap opgeneem. 1504 – Michelangelo se 'Dawid' word onthul. 1530 – Pous Clemens VII stel die Franse ambassadeur Gabriel de Gramont, biskop van Tarbes, aan as kardinaal. 1867 – Francis Joseph word gekroon as koning van Hongarye. 1912 – Die hoeksteen van die Gereformeerde kerk Burgersdorp se nuwe kerkgebou word gelê. 1959 – Die vuurpylaangedrewe vliegtuig North American X-15 voltooi sy nooiensvlug. 1991 – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens word vir die eerste keer in 28 jaar toegelaat om weer oor Wes-Afrika te vlieg. 2002 – Serena Williams wen die Franse Ope. 2006 – Serwië erken die onafhanklikheid van Montenegro. 2018 – Sanlam vier sy honderdste verjaarsdag. 2021 – Die bestaan van Operasie Anom ingevolge waarvan meer as 800 mense in 16 lande gearresteer word, word bekendgemaak aan die internasionale nuusmedia.

Geboortes 1625 – Giovanni Domenico Cassini, Italiaans-Franse wiskundige, sterrekundige en astroloog († 1712). 1671 – Tomaso Albinoni, Venesiaanse violis en komponis († 1751). 1810 – Robert Schumann, Duitse Romantiese komponis en pianis († 1856). 1829 – John Everett Millais, Engelse skilder († 1896). 1867 – Frank Lloyd Wright, Amerikaanse argitek († 1959). 1916 – Francis Crick, ontdekker van die struktuur van DNS († 2004). 1921 – Alexis Smith, Amerikaanse aktrise en sangeres († 1993). 1921 – Suharto, Indonesiese soldaat en politikus, 2de President van Indonesië († 2008). 1924 – Sheldon Allman, Amerikaanse akteur († 2002). 1927 – Jerry Stiller, Amerikaanse akteur († 2020). 1933 – Joan Rivers, Amerikaanse komediant en aktrise († 2014). 1933 – Derek Newark, Engelse filmakteur († 1998). 1934 – Mikio Aoki, Japannese politikus, kortliks Eerste minister van Japan († 2023). 1939 – Norman Davies, Engelse geskiedkundige. 1940 – Nancy Sinatra, Amerikaanse sangeres en aktrise. 1943 – Thijs Nel, Suid-Afrikaanse kunstenaar, dramaturg en skrywer († 2020). 1943 – Colin Baker, Engelse akteur. 1945 – Nicky Oppenheimer, Suid-Afrikaanse sakeman, mynmagnaat en filantroop. 1949 – Emanuel Ax, Pools-Amerikaanse pianis. 1950 – Kathy Baker, Amerikaanse aktrise. 1951 – Bonnie Tyler, Walliese sanger-liedjieskrywer († 2026). 1955 – Tim Berners-Lee, Britse uitvinder en wie beskou word as die vader van die wêreldwye web. 1955 – Griffin Dunne, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger. 1962 – Nicol Stassen, skrywer, sakeman en direkteur van Protea Boekhuis. 1971 – Mark Feuerstein, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger. 1973 – Lexa Doig, Kanadese model en aktrise. 1976 – Eion Bailey, Amerikaanse akteur. 1978 – Maria Menounos, Amerikaanse televisiejoernalis. 1983 – Kim Clijsters, Belgiese beroepstennisspeler. 1990 – Beuran Hendricks, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1997 – Jeļena Ostapenko, Letse beroepstennisspeler.

Sterftes 632 – Die profeet Mohammed, in Medina (* 570). 1042 – Hartaknoet, koning van Denemarke en Engeland (* 1018). 1714 – Sophia van die Palts, die keurvorstin van Hannover (* 1630). 1845 – Andrew Jackson, sewende President van die Verenigde State (* 1767). 1876 – George Sand, Franse skryfster (* 1804). 1889 – Gerard Manley Hopkins, Britse digter en priester (* 1844). 1911 – Genl. ds. Paul Hendrik Roux, NG predikant en Vrystaatse generaal (* 1862). 1926 – Emily Hobhouse, kampvegter vir verbetering van die toestande in die konsentrasiekampe tydens die Tweede Vryheidsoorlog (* 1860). 1970 – Abraham Maslow, Amerikaanse sielkundige en akademikus (* 1908). 1998 – Sani Abacha, Nigeriese generaal en politikus, 10de President van Nigerië (* 1943). 2007 – Richard Rorty, Amerikaanse filosoof (* 1931). 2009 – Omar Bongo, Gaboense kaptein en politikus, President van Gaboen (* 1935). 2012 – P.H. Nortjé, Afrikaanse storieverteller en skrywer (* 1920). 2013 – Greyling Wentzel, Suid-Afrikaanse politikus en minister van landbou (* 1925). 2018 – Anthony Bourdain, Amerikaanse akteur en komediant (* 1956). 2023 – Marlene van Staden, Suid-Afrikaanse politikus en die eerste burgemeester van die Modimolle–Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit (* 1981).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Kategorie:Junie