7 Junie is die 158ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (159ste dag in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 207 dae in die res van die jaar.

Gebeure

1304 – Pous Benedictus XI ekskommunikeer Guillaume de Nogaret. 1370 – Pous Urbanus V stel Pierre d'Estaign en Pietro Corsini aan as kardinaal. 1424 – Pous Martinus V stel Rhabanus van Helmstatt aan as biskop van Utrecht. Rhabanus bedank weens vrees vir vyandelikhede. 1494 – Die Verdrag van Tordesillas word geteken. Dit besleg die konflik tussen Spanje en Portugal oor die nuut-ontdekte Amerikas. 1520 – Hendrik VIII Tudor en Francis I van Frankryk ontmoet op die Veld van die Goudlaken by Calais, Frankryk. 1555 – Pous Paulus IV stel sy neef Carlo Carafa aan as kardinaal. Carafa word afgeset en tereggestel op 4 Maart 1561. 1576 – Die Engelse navigator Martin Frobisher wat na die Noordwes-deurgang gesoek het, vertrek na Labrador. 1706 – Pous Clemens XI stel Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) aan as kardinaal. 1929 – Die Lateraanse verdrag word bekragtig. Vatikaanstad word 'n onafhanklike staat. 1929 – Switserland onderteken die Kellogg-verdrag. 1948 – Edvard Beneš bedank as President van Tsjeggo-Slowakye eerder as om 'n grondwet te teken wat sy land in 'n Kommunistiese staat sou omskep. 1975 – Die eerste Krieketwêreldbeker begin in Engeland. 1988 – Trein-apartheid in Wes-Kaapland word geskrap as die eerste stap in 'n plan om diskriminasie op treine landwyd uit te skakel. 1990 – Pres. F.W. de Klerk kondig die einde aan van die noodtoestand wat vier jaar geduur het en sê R814 miljoen gaan aan die verbetering van die veiligheidsmagte bestee word. 2017 – 'n Bosbrand breek uit in die Tuinroete te Elandskraal naby Karatara wat groot brandskade tot gevolg het in Knysna.

Geboortes 1762 – Cornelius de Jong, Nederlandse seekaptein en skrywer († 1838). 1877 – George Villiers, Britse politikus en vyfde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1931–1937) († 1955). 1917 – Dean Martin, Amerikaanse akteur, sanger en komediant († 1995). 1922 – Hubert du Plessis, Suid-Afrikaanse komponis en pianis († 2011). 1929 – John Napier Turner, Leier van die Liberale Party en Eerste Minister van Kanada in 1984 († 2020) 1937 – Neeme Järvi, Amerikaanse dirigent van Estiese afkoms. 1942 – Moeammar al-Ghaddafi, de facto leier van Libië van 1969 tot 2011 († 2011). 1946 – Jan Engelen, Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur († 2018). 1953 – Johnny Clegg, Suid-Afrikaanse musikant († 2019). 1954 – Jan Theuninck, Belgiese skilder en digter. 1958 – Prince, Amerikaanse popster († 2016). 1959 – Mike Pence, Amerikaanse prokureur, politikus en 48ste visepresident van die Verenigde State, sedert 2017. 1971 – Brandon Topham, Suid-Afrikaanse politikus, geoktrooieerde rekenmeester en besigheidsman. 1978 – Bill Hader, Amerikaanse akteur. 1981 – Anna Kournikova, Russiese model, televisiepersoonlikheid en oud-beroepstennisspeler. 1991 – Emily Ratajkowski, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 555 – Pous Vigilius, 59ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±500). 1843 – Friedrich Hölderlin, Duitse digter en bibliotekaris (* 1770). 1902 – Maarten Pelser, predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk (* 1851). 1910 – Sir William Francis Butler, Britse generaal en ook waarnemende Goewerneur van die Kaapkolonie (* 1838). 1937 – Jean Harlow, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1911). 1954 – Alan Turing, wiskundige, rekenaarwetenskaplike (* 1912). 1956 – Clarence van Riet Lowe, Suid-Afrikaanse siviele ingenieur en prehistoriese argeoloog (* 1894). 1963 – ZaSu Pitts, Amerikaanse aktrise (* 1894). 1965 – Judy Holliday, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1921). 1968 – Dan Duryea, Amerikaanse akteur en sanger (* 1907). 1970 – E.M. Forster, Engelse novelis, kortverhaalskrywer, essayis (* 1879). 1980 – Henry Miller, Amerikaanse novelis en essayis (* 1891). 2002 – Signe Hasso, Sweeds-Amerikaanse aktrise (* 1915). 2012 – Phillip Tobias, Suid-Afrikaanse paleontoloog (* 1925). 2013 – Pierre Mauroy, Franse onderwyser en politikus, Eerste Minister van Frankryk (* 1928). 2014 – Epainette Mbeki, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en moeder van Thabo Mbeki (* 1916). 2015 – Christopher Lee, Engelse akteur, sanger en skrywer (* 1922). 2017 – Johann Botha, Suid-Afrikaanse TV- en radio-aanbieder en omgewingsaktivis (* 1963). 2017 – PG du Plessis, Afrikaanse skrywer (* 1934). 2021 – Shaleen Surtie-Richards, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1955). 2024 – "Bill" Anders, Apollo 8-ruimtevaarder (* 1933).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Marcellus I in die Ortodokse Kerk.

Verwysings

Kategorie:Junie