6 Junie is die 157ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (158ste in ’n skrikkeljaar). Daar volg nog 208 dae in die res van die jaar.

Gebeure 445 – Keiser Valentianus III skryf ’n dekreet waarin die pous die hoogste gesag in die kerk gegee word en elke obstruksie daarvan as verraad beskou word. 1348 – Pous Clemens VI koop Avignon van koningin Johanna I van Napels. 1409 – Pous Gregorius XII hou ’n konsilie in Cividale del Friuli by Aquileia wat swak bygewoon word. 1599 – Diego Velázquez, Spaanse skilder, word gedoop. 1844 – George Williams stig die YMCA in Londen. 1925 – Die motorvervaardiger Chrysler word gestig. 1938 – 'n Airspeed-vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag, op 'n vlug tussen Salisbury en Pretoria, stort neer 20 myl noord van die Limpoporivier; ses sterf. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: D-dag en die Geallieerde magte land in Normandië. 1968 – Senator Robert F. Kennedy sterf in ’n sluipmoordaanval deur Sirhan Sirhan. 1982 – Israel val Libanon binne.

Geboortes 1599 – Diego Velázquez, Spaanse skilder en leermeester († 1660). 1777 – Sir Peregrine Maitland, goewerneur van die Kaapkolonie († 1854). 1799 – Aleksander Poesjkin, Russiese romantieke skrywer en digter, vader van moderne Russies († 1837). 1868 – Robert Falcon Scott, Engelse ontdekkingsreisiger († 1912). 1875 – Thomas Mann, Duitse skrywer († 1955). 1898 – Jim Fouché, Suid-Afrikaanse politikus en tweede Staatspresident van Suid-Afrika (1968–1975) († 1980). 1898 – Walter Abel, Amerikaanse akteur († 1987). 1901 – Sukarno, president van Indonesië († 1970). 1912 – Maria Montez, Dominikaans-Franse aktrise († 1951). 1918 – George Hills, Britse historikus van Spaans-Britse afkoms († 2002). 1926 – Klaus Tennstedt, Duitse dirigent († 1998). 1928 – Leonard Reitstein, Suid-Afrikaanse skaakkaptein en skaakskrywer († 2019). 1931 – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan († 1992). 1936 – Levi Stubbs, Amerikaanse sanger († 2008). 1939 – Louis Andriessen, Nederlandse pianis en komponis († 2021). 1945 – David Dukes, Amerikaanse akteur († 2000). 1947 – Robert Englund, Amerikaanse akteur. 1954 – Harvey Fierstein, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer. 1955 – Theuns Stofberg, Suid-Afrika se sewe-en-dertigste Springbokkaptein († 2023). 1955 – Sandra Bernhard, Amerikaanse akteur en komediant. 1956 – Björn Borg, Sweedse tenniskampioen en mode-ontwerper. 1963 – Jason Isaacs, Engelse akteur. 1965 – Cam Neely, Kanadese yshokkiespeler en akteur. 1967 – Max Casella, Amerikaanse akteur. 1967 – Paul Giamatti, Amerikaanse akteur. 1969 – Erik Prince, voormalige Amerikaanse Vloot SEAL-offisier en stigter van die private militêre maatskappy Blackwater. 1970 – Randy Becker, Amerikaanse akteur. 1976 – Emilie-Claire Barlow, Kanadese sanger en aktrise. 1978 – Judith Barsi, Amerikaanse kinderaktrise († 1988). 1980 – Pete Hegseth, die 29ste Amerikaanse sekretaris van verdediging. 1980 – David Friedberg, Suid-Afrikaans-Amerikaanse entrepreneur, sakeman en engelbelegger. 1983 – Dennis Roady, Amerikaanse YouTube-persoonlikheid. 1983 – Joe Rokocoko, All Blackrugbyspeler (vleuel). 1989 – Paula Brancati, Kanadese aktrise. 1995 – Jack Kilmer, Amerikaanse akteur. 1999 – Marguerite van Eeden, Suid-Afrikaanse aktrise.

Sterftes 913 – Alexander van Bisantium, Bisantynse keiser (* 870). 1832 – Jeremy Bentham, Engelse juris en filosoof (* 1748). 1843 – Friedrich Hölderlin, Duitse digter en skrywer (* 1770). 1881 – Henri Vieuxtemps, Belgiese komponis en violis (* 1820). 1941 – Louis Chevrolet, Switsers-Amerikaanse renjaer en sakeman, stigter van Chevrolet (* 1878). 1946 – Gerhart Hauptmann, Duitse dramaturg en romansier (* 1862). 1951 – Olive Tell, Amerikaanse aktrise (* 1894). 1961 – Carl Jung, Switserse psigiater (* 1875). 1975 – Larry Blyden, Amerikaanse akteur (* 1925). 1976 – Victor Varconi, Amerikaanse filmakteur (* 1891). 1997 – Magda Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise en sosiale vlinder (* 1915). 1997 – Elize Botha, voormalige Suid-Afrikaanse presidentsvrou (* 1922). 1999 – Anne Haddy, Australiese aktrise (* 1930). 2005 – Anne Bancroft, Amerikaanse aktrise (* 1931). 2005 – Dana Elcar, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1927). 2006 – Billy Preston, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, pianis en akteur (* 1946). 2013 – Esther Williams, Amerikaanse aktrise en swemmer (* 1921). 2023 – Noreen Nash, Amerikaanse aktrise en skryfster (* 1924).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Nasionale Dag van Swede.

Kategorie:Junie