5 Junie is die 156ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (157ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 209 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|400px|2017 – Montenegro sluit by die NAVO aan 1305 – Pous Clemens V volg Pous Benedictus XI op. 1409 – Die konsilie van Pisa set beide pouse Pous Gregorius XII en Teenpous Benedictus XIII af. 1446 – Op Pinkster verklaar Pous Eugenius IV Sint Nicolaas van Tolentino heilig. 1596 – Pous Clemens VIII stel sestien nuwe kardinale aan waaronder sy familielid Gian Francesco Biandrate di San Giorgio Aldobrandini en Camillo Borghese (later Pous Paulus V). 1899 – Die Bloemfontein-konferensie kom tot 'n einde. 1967 – Die Sesdaagse Oorlog begin. 2017 – Montenegro sluit by die NAVO aan.

Geboortes 1640 – Pu Songling, 'n Chinese skrywer († 1715). 1718 – Thomas Chippendale, Engelse meubelmaker († 1779). 1723 – Adam Smith, Skotse Ekonoom († 1790). 1819 – John Couch Adams, Britse wiskundige en sterrekundige († 1892) 1872 – Arthur William Rogers, Suid-Afrikaanse geoloog en staatsamptenaar van Britse herkoms († 1946). 1883 – John Maynard Keynes, Britse Ekonoom († 1946). 1898 – Federico García Lorca, Spaanse digter en skrywer († 1936). 1900 – Dennis Gabor, Hongaarse natuurkundige († 1979). 1901 – Anastasia Nikolaijewna Romanowa, groothertogin van Rusland. († 1918). 1925 – Connie Mulder, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Inligting († 1988). 1938 – David Koloane, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 2019). 1941 – John Lawlor, Amerikaanse akteur, assistentregisseur en kinematograaf. († 2025). 1950 – Daniel von Bargen, Amerikaanse akteur († 2015). 1958 – Jackson Mthembu, parlementslid, minister in die Presidensie († 2021). 1971 – Mark Wahlberg, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. 1974 – Lino DiSalvo, Amerikaanse akteur en skrywer. 1995 – Troye Sivan, Australiese akteur en sanger.

Sterftes 754 – Sint Bonifatius; vermoor deur die Friese in Dokkum. 1988 – Charles Jacobie, Afrikaanse country-sanger (* 1928). 1936 – Ida Darling, Amerikaanse aktrise (* 1880). 2004 – Ronald Reagan, Amerikaanse politikus, staatsman en 40ste President van die Verenigde State (* 1911). 2015 – Jerry Collins, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1980). 2018 – Kay de Villiers, Suid-Afrikaanse neurochirurg (* 1928). 2021 – T.B. Joshua, Nigeriese Christelike TV-evangelis (* 1963). 2023 – Astrud Gilberto, Brasiliaans-Amerikaanse sangeres (* 1940). 2023 – Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en kabinetsminister (* 1963).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Kategorie:Junie