Boergsoen (Russies: Бургсун, Kalmikies: Бурһсн) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Saam met nog twee groter nedersettings behoort dit tot die Kettsjeneri Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê 114 kilometer noordoos van die republiek se hoofstad, Elista.

Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken "wilger".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Boergsoen 53 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 41 77,4% Dargine 8 15,1% Russe 4 7,5% Totaal 53 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië