Sjin-Mer (Russies: Шин-Мер, Kalmikies: Шин Мөр) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Saam met nog twee groter nedersettings behoort dit tot die Kettsjeneri Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê naby die Elistarivier 10 kilometer noord van die rajon en munisipaliteit se setel, Kettsjeneri.
Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken "nuwe pad".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Sjin-Mer 321 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 292 91% Russe 16 5% Belarusse 5 1,6% Oekraïners 3 0,9% Onbekend 5 1,6% Totaal 321 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië