Sjorw (Russies en Kalmikies: Шорв) is 'n klein dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Sarpa Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie nedersettings insluit, en lê 129 kilometer noordoos van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam kom van 'n Kalmikiese voornaam.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Sjorw 129 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 109 84,5% Russe 17 13,2% Onbekend 3 2,3% Totaal 129 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië