Kaliumkarbonaat is 'n verbinding van kalium met formule . Dit is 'n sout van kaliumhidroksied () en koolsuur ().

Die stof word ook potas genoem, omdat dit vroeër veral uit die as van plante (dikwels houtas) verkry is.

Eienskappe Kaliumkarbonaat is sterk higroskopies en aan lug blootgestel vervloei dit. Dit is maklik oplosbaar in water en vorm 'n sterk basiese oplossing wat 'n bytende smaak veroorsaak. Die stof neem ook koolstofdioksiedgas op en vorm daarmee kaliumwaterstofkarbonaat (kaliumbikarbonaat). Hierdie stof kan by verhitting weer kaliumkarbonaat lewer:

In die natuur word dit gevorm deur verwering van minerale soos veldspaat:

Die kieselsuur word saam met die kaliumkarbonaat deur die reën weggespoel en wat agterbly is kaoliniet .2.

Die bikarbonaat van kalium is minder oplosbaar as die karbonaat , maar vir litium is die omgekeerde die geval. Kaliumkarbonaat kom voor in litiumhoudende pekel soos dit in Tibet in die Zabuye en Dogai Coring-mere aangetref word. Deur die pekel aan -gas onder hoë druk bloot te stel kan die kaliumbikarbonaat selektief neergeslaan word. Dit is 'n belangrike stap vir die litiummynbou. 'n Komplikasie is dat ander fases kan optree soos die seskwihidraat .1,5 en 'n karbonaat-bikarbonaatdubbelsout: .2.1,5.

Aanwending Kaliumkarbonaat word gebruik as 'n komponent van diepeutektiese oplosmiddels soos 'n mengsel van kaliumkarbonaat met gliserol. Dit word gebruik in die drinkwatervoorsiening om die hardheid van water te versag, in die bewerking van kakao tot sjokolade, en vir kontrole van die suurgraad in wyne en vrugtesappe.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kalium