Altn Boelg (Russies en Kalmikies: Алтн Булг) is 'n klein dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Saam met drie ander nedersettings behoort dit tot die Sarpa Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê 89 kilometer suidoos van die rajon se setel, Kettsjeneri.
Die letterlike betekenis van die dorpie se Kalmikiese naam is "goudfontein".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Altn Boelg 42 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 32 76,2% Russe 10 23,8% Totaal 42 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië