Sarpa (Russies: Сарпа) is 'n klein dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Sarpa Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings insluit. Dit lê 127 kilometer noordoos van die republiek se hoofstad, Elista.

Die dorpie se naam kom van die nabygeleë Sarpameer.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Sarpa 540 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 496 91,9% Kasakke 25 4,6% Russe 13 2,4% Oekraïners 6 1,1% Totaal 540 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië