Kegoelta (Russies: Кегульта, Kalmikies: Көглт) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Kegoelta Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê 70 kilometer noord van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken letterlik "met doring".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Kegoelta 846 inwoners gehad. Etniese Russe en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 374 44,2% Kalmikiërs 363 42,9% Tsjetsjniërs 83 9,8% Azerbeidjanners 14 1,7% Oekraïners 7 0,8% Oesbeke 5 0,6% Totaal 846 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië