Godzjoer (Russies: Годжур, Kalmikies: Һооҗур) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Jergeninski Plaaslike Munisipaliteit en lê 80 kilometer noord van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woord vir "stroom".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Godzjoer 134 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 124 92,5% Russe 10 7,5% Totaal 134 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië