Tsegrg (Russies: Цегрг) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Altsinchoeta Plaaslike Munisipaliteit en lê 4 kilometer noordoos van sy setel, Altsinchoeta.
Die dorpie se naam kom van 'n Kalmikiese woord wat na verskeie plante van die genus Alhagi verwys.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Tsegrg 64 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 51 79,7% Russe 13 20,3% Totaal 64 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië