duimnael|300px|Krygsgevangene Nama en Herero in 1904 duimnael|Kaart van die militêre optrede en kampe van die opstandelinge in 1904
Die Namibiese volksmoord 1904 word beskou as die eerste volksmoord van die 20ste eeu.Mahmood Mamdani, When Victims Become Killers: Colonialism, Nativism, and the Genocide in Rwanda, Princeton University Press, Princeton, 2001, bl. 12 Dit het plaasgevind in Duits-Suidwes-Afrika (hedendaagse Namibië) van 1904 tot 1907 gedurende die sogenaamde Wedloop om Afrika. Op 12 Januarie 1904 het die Herero's onder Samuel Maharero in opstand gekom teen die Duitse koloniale regering waarin Duitse setlaars ook gesterf het. In Augustus het die Duitse generaal Lothar von Trotha die Herero's in die Slag van Waterberg verslaan en hulle die woestyn van Omaheke ingedryf waar die meeste van hulle weens dors omgekom het. In Oktober het die Namas ook die wapen teen die Duitsers opgeneem en hulle het dieselfde lot as die Herero's oorgekom. In geheel is tussen 24 000 en 65 000 Herero's (geraam op 50% na 70% van die totale Hererobevolking) en 10 000 (50% van die totale Namabevolking) doodgemaak. Die volksmoord is gekenmerk deur wydverspreide dood deur hongersnood en die inname van water wat deur die Duitsers in die Namibwoestyn met gif behandel is.Samuel Totten, William S. Parsons, Israel W. Charny, "Century of genocide: critical essays and eyewitness accounts", Routledge, 2004, bl. 51 Marie-Aude Baronian, Stephan Besser, Yolande Jansen, "Diaspora and memory: figures of displacement in contemporary literature, arts and politics", Rodopi, 2007, bl. 33, Dan Kroll, "Securing our water supply: protecting a vulnerable resource", PennWell Corp/University of Michigan Press, bl. 22,
In 1985 het die Whitaker-verslag van die Verenigde Nasies Duitsland se poging tot die uitwissing van die Herero- en Namavolk van Suidwes-Afrika as een van die eerste volksmoorde van die 20ste eeu erken. Die Duitse regering het in 2004 amptelik vir die gebeure om verskoning gevra. Op 10 Julie 2015 het die Duitse regering as regsopvolger van die Duitse Keiserryk die gebeure amptelik as volksmoord erken. spiegel.de: Namibia-Massaker: Bundesregierung spricht von "Völkermord". Besoek op 11 Julie 2015. In Mei 2021 het die Duitse regering ingestem om oor 30 jaar € 1,1 miljard te betaal om projekte te finansier in gemeenskappe wat deur die volksmoord geraak is.
Agtergrond duimnael|250px|Theodor Leutwein (heel links) met Zacharias Zeraua (tweede van links) en Manasse Tyiseseta (vierde van links), 1895. Samuel Maharero staan regs. Die Herero's was oorspronklik 'n stam van beeswagters wat in 'n deel van Duits-Suidwes-Afrika gewoon het. Die gebied waarin die Herero's gewoon het was bekend as Damaraland.
Gedurende die Wedloop om Afrika het die Britte dit duidelik gestel dat hulle nie in die gebied belangstel nie. Die gebied is gevolglik in Augustus 1884 tot 'n Duitse protektoraat verklaar; op daardie tydstip was dit die enigste oorsese gebied wat aan Duitsland behoort het, wat geskik gelyk het vir blanke nedersetting. Daar is vanuit die staanspoor verset aangeteken deur die Khoikhoi teen Duitse besetting alhoewel 'n vae vrede in 1894 gesluit is. In daardie jaar het Theodor Leutwein die goewerneur van die gebied geword en dit het 'n tydperk van vinnige ontwikkeling ondergaan wat tot groot ontevredenheid gelei het terwyl Duitsland die Schutztruppe (koloniale ryksmag) gestuur het om die gebied tot bedaring te bring.“A bloody history: Namibia’s colonisation”, BBC, 29 Augustus 2001
Europese setlaars is aangemoedig om hulle te vestig op grond wat van die inboorlinge afgeneem is, wat gelei het tot groot ontevredenheid. Oor die volgende dekade het die grond en vee wat noodsaaklik was vir die voortbestaan van die Herero- en Namalewenstyl, in die hande van Duitsers beland wat in Suidwes-Afrika aangekom het.Bridgman, Jon M. (1981). The revolt of the Hereros. California University Press. bl. 57, Die Duitse koloniale oorheersing was ver van egalitaries; inboorlinge is gebruik vir slawe-arbeid en hulle grond het dikwels aan koloniste gegaan.
Alhoewel diamante voorgehou word as een van die hoofbelange van Duitsland in die gebied, en ook voorgehou word as een van die hoofredes vir die volksmoord, het daar eers sedert 1908 verslae verskyn van diamante in die gebied. Duitse koloniste het die Herero's en Namas uitgebuit, maar sover huidige dokumentasie kan vasstel het diamante geen rol gespeel in die volksmoord nie.Chalk, Frank; Jonassohn, Kurt (1990) The History and Sociology of Genocide: Analyses and Case Studies. Yale University Press. bl. 230.
Opstande duimnael|300px|Die Duitse troepe tydens 'n geveg met die Herero, 'n skildery van Richard Knötel (1857–1914) In 1903 het sommige van die Namastamme onder leiding van Hendrik Witbooi in opstand gekom teen die Duitsers. Verskeie faktore het daartoe gelei dat die Herero's in Januarie 1904 by die Namas aangesluit het.
Een van die grootste kwessies was grondregte. Die Herero's het teen 1903 reeds meer as 'n kwart van hulle grond (130 000 km²) aan Duitse koloniste afgestaanBridgman, 60. en dit was voor die voltooiing van die Otavi-spoorweg wat van die kus na Duitse nedersettings in die binneland gelei het.Chalk & Jonassohn, 230. Die voltooiing van hierdie spoorweg sou veroorsaak dat die Duitse kolonies meer toeganklik is en dit sou ook lei tot groter toestroming van Europeërs na die gebied.Drechsler, Horst. (1980). Let Us Die Fighting. Zed Press. bl. 133. Samesprekinge oor die moontlikheid van die oprigting en plasing van die Herero's in reservate was nog 'n aanduiding van die Duitse koloniste se sin van eienaarskap oor die land.Drechsler, 132.
'n Nuwe beleid oor skuldvordering wat in November 1903 ingestel is, het ook 'n rol gespeel in die opstand van die Herero's. Jare lank het die Herero's die gewoonte gehad om geld by blanke handelaars te leen teen hoë rente. Hierdie skuld is lank nie betaal nie omdat die Herero's nie geld gegenereer het waarmee hulle die skuld kon delg nie. Om hierdie groterwordende probleem op te stel, het goewerneur Leutwein bepaal dat alle skuld wat nie in die komende jaar terugbetaal is nie, afgeskryf word.Bridgman, 59. Weens 'n tekort aan kontant het handelaars dikwels vee of enige voorwerp wat die skuld sou delg, geneem. Dit het 'n gevoel van afsydigheid jeens die Duitsers laat ontstaan.
Daar was ook rassespanning tussen die twee groepe; die deursnee- Duitse kolonis het die inboorlinge as 'n goedkoop bron van arbeid gesien en ander het hulle uitwissing gesteun. Om die gaping tussen die Europeërs en die Afrikane te illustreer het die Duitse Koloniale-liga voorgehou dat die getuienis van sewe Afrikane gelykstaande was aan die getuienis van een Europeër.Drechsler, 133.
Die Herero's het gevoel dat hulle opstand vroeg in 1904 geregverdig was. Onder leiding van hoofman Samuel Maharero het hulle Okahandja omsingel en die verbindings met Windhoek, die koloniale hoofstad, afgesny. Maharero het 'n manifes uitgereik waarin hy sy manskappe verbied het om Engelse en Boere wat nie met die stamme ingemeng het nie, se lewens te spaar, asook vroue en kinders in die algemeen.Jon Bridgman, "The revolt of the Hereros", University of California Press, 1981, bl. 70,
Die tydsberekening van hulle aanval was ideaal. Nadat goewerneur Leutwein 'n groot Hererostam sover gekry het om die wapen neer te lê, was hy oortuig daarvan dat die res van die inboorlinge hul wil om te veg verloor het en het hy die helfte van sy troepe aan die kolonie onttrek.Bridgman, 56.
Leutwein is gedwing om versterkings en 'n ervare offisier van die Duitse hoofstad, Berlyn, te ontbied.Clark, bl. 604 Luitenant-generaal Lothar von Trotha is op 3 Mei aangestel as Opperbevelhebber van Duits-Suidwes-Afrika en hy het op 11 Junie saam met 14 000 troepe geland.
Die burgerlike Leutwein was ondergeskik aan die Koloniale Departement van die Pruisiese Buitelandse Kantoor wat aan kanselier Bernhard von Bülow verslag gelewer het. Von Trotha het egter aan die Duitse Generalestaf verslag gelewer wat slegs ondergeskik was aan keiser Wilhelm II. Leutwein wou graag die mees vasberade Hererorebelle verslaan en dan 'n politieke skikking met die res beding.Clark, bl. 605 Von Trotha wou egter die inboorlingverset met geweld verslaan. Generaal Von Trotha se redenering vir die gebruik van geweld is gebaseer op rasisme na aanleiding van die volgende uitspraak wat hy gemaak het: "My intieme kennis van baie Afrika-stamme (Bantoe en andere) van oraloor het my daarvan oortuig dat die Kaffer nie verdrae respekteer nie maar slegs brute krag."J.B. Gewald, Herero Heroes: A Socio-Political History of the Herero of Namibia 1890–1923, Oxford, Cape Town, Athens, OH, 1999, bl. 173
Die volksmoord duimnael|300px|In die middel: Luitenant-generaal Lothar von Trotha, die Oberbefehlshaber (Opperbevelhebber) van die beskermingswag in Duits Suidwes-Afrika in Keetmanshoop gedurende die Herero-opstand, 1904 Generaal Von Trotha het sy voorgestelde oplossing vir die opstande van die Herero's in 'n brief bekend gemaak voor die Slag van Waterberg tussen die Herero's en die Duitse weermag:Mamdani, bl. 11
"Ek glo dat 'n volk soos hierdie uitgewis behoort te word of indien dit nie moontlik is deur taktiese maatstawwe nie, hulle van die land verdryf behoort te word … Dit sal slegs moontlik wees indien die watergate van Grootfontein tot by Gobabis beset word. Die gedurige beweging van ons troepe sal ons in staat stel op die klein groepies van die volk te vind wat teruggetrek het sodat ons hulle kan doodmaak."
Von Trotha se troepe het tussen 3 000 en 5 000 Herero's by die Slag van Waterberg verslaan op 11 en 12 Augustus 1904 maar hulle was nie daartoe in staat om die militêre bedreiging te omsingel en uit te skakel nie. Soos wat die Herero's teruggeval het, het Jan Cloete wat opgetree het as 'n gids vir die Duitsers, gruweldade van die Duitsers aanskou en die volgende daaroor te sê gehad:Drechsler, Let us Die Fighting, bl. 157
"Ek was daar toe die Herero's verslaan is in die omgewing van Waterberg. Na die slag is alle mans, vroue en kinders wat in Duitse hande beland het, of hulle gewond was of nie, genadeloos doodgemaak. Die Duitsers is die res agterna en almal wat langs die pad raakgeloop is, is doodgeskiet en gesteek. Die meeste van die Hereromans was ongewapen en kon dus nie weerstand bied nie. Hulle het net met hul vee probeer wegkom."
Die oorlewendes het met hulle gesinne teruggetrek in die rigting van Betsjoeanaland nadat die Britte aan die Herero's asiel toegestaan het onder die voorwaarde dat hulle nie die opstand op Britse grond sou voortsit nie. Ongeveer 24 000 Herero's het dit reggekry om die Kalahari in te vlug in 'n poging om die Britse protektoraat te bereik. Duitse patrollies het later skedels rondom gate (van 20-25 voet diep) gekry wat gegrawe is in 'n poging om water te kry. Maharero en 1 000 manne het die Kalahari oorleef en Betsjoeanaland bereik.
Op 2 Oktober het Von Trotha 'n appèl uitgereik aan die Herero's:
duimnael|upright|Lothar von Trotha Von Trotha het toe die bevel gegee dat Herero's wat gevange geneem is, tereggestel moet word, terwyl vroue en kinders die woestyn in gedryf moet word. Die Duitse Generalestaf was bewus van die wreedhede wat plaasgevind het en dit is selfs in hul amptelike publikasie, by name Der Kampf, geskryf dat "die waterlose Omaheke die werk van die Duitse mag moes beëindig naamlik die verwoesting van die Herero's."Tilman Dedering, A Certain Rigorous Treatment of all Parts of the Nation: The Annihilation of the Herero in German South West Africa, 1904, bl. 213