duimnael|regs|250px|Ondergrondse moltreinstasie in Frankfurt am Main, Duitsland 250px|thumb|Moltrein-netwerke in die wêreld:www.urbanrail.net duimnael|regs|220px|Binne die trein van die Metro van Helsinki Hierdie artikel handel oor die vervoerstelsel. Vir die Dan Roodt-roman, sien Moltrein (roman).
'n Moltrein (Engels: underground, subway, tube, Nederlands: metro of ondergrondse) is 'n ondergrondse spoorwegvervoerstelsel in groot stede wat die middestad met die omliggende stedelike gebiede verbind. Dit bestaan uit 'n netwerk van lyne wat ondergronds in tonnels of bogronds op viadukte loop. Geen verkeer of ander spore kruis moltreinspore nie. Aan albei punte van 'n moltrein is 'n stuurkajuit sodat die trein in enige rigting kan beweeg. Gewoonlik is daar deure aan albei kante van die trein sodat passasiers op twee verskillende perrone kan afklim. Treine kan kort op mekaar volg omdat gevorderde sinjaalstelsels gebruik word. Hulle kan ook baie vinnig wegtrek en stilhou. Die moltrein is 'n vinnige, gerieflike vervoermiddel vir pendelaars vanaf verskillende voorstede na en van 'n stad of ander voorstede. Die grootste moltreinstelsels (meeste passasiers) is:
StadJaar geopenAfstandGetal passasiers per jaarMoskou 1935340 km3,2 miljard Tokio1927281 km 2,6 miljard New York 1904371 km1,9 miljard Seoel1974 278 km1,4 miljard Meksikostad 1969 202 km 1,4 miljard Parys1900 211 km1,2 miljardOsaka1933114 km957 miljoen Londen 1863415 km 866 miljoenHongkong 197982 km 790 miljoenSt. Petersburg 1955 110 km721 miljoen
Moltreinstasies duimnael|regs|250px|New York Subway stasie Broadway/125de Straat Die meeste moltreinstasies lê gewoonlik ondergronds. As die lyn op viadukte loop lê hulle gewoonlik bokant die grond. Passasiers gaan met hysers of roltrappe af/op na die moltreinstasie toe. Die perrone is gewoonlik op dieselfde hoogte as die vloer van die spoorwegwaens.Stede met die meeste moltreinstasies StadGetal stasiesNew York488 Parys368 Londen270 Tokio 217 Moskou 140
Geskiedenis duimnael|regs|250px|Trein van die City & South London Railway, in 1890 die eerste ondergrondse elektriese spoorweg ter wêreld en nou 'n onderdeel van die Londense Moltreinstelsel duimnael|regs|250px|'n CTA bruin lynse trein vertrek van Madison/Wabash-stasie in Chicago
Die eerste moltreinlyn ter wêreld is op die 10 Januarie 1863 in Londen opgerig en is deur 'n stoomlokomotief getrek. Die oorskakeling na elektrisiteit is voltooi nadat steenkoollokomotiewe se stoom en roet die stasies en die reisigers bevuil het. Die eerste moltrein op die Europese vasteland is in 1896 in Boedapest (Hongarye) opgerig. Die eerste spoorlyn van die Paryse Metro is tydens die aanloop tot die Wêreldtentoonstelling van 1900 opgerig en 'n paar maande na die aanvang van die tentoonstelling ingehuldig. Geopen Stad 1863 Londen 1886 Liverpool 1892 Chicago 1896 GlasgowBoedapest 1897 Boston 1898 Wene 1900 Parys 1902 Athene 1904 New York 1907 Philadelphia 1912 Hamburg 1913 Buenos Aires
Bronne Feitegids-'n Kernensiklopedie (Kaapstad: 2007)
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer