Al-Al'a (Arabies: الأعلى, "Die Allerhoogste") is die 87ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 19 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1. Die hoofstuk beskryf die Islamitiese siening van die bestaan, die Eenheid van Allah en die goddelike openbaring. Dit beskryf ook nog strawwe en belonings. Die soera waarsku die leser dat God weet wat in die geheim en in die openbaar plaasvind. In die laaste twee verse word bevestig dat 'n soortgelyke booodskap in die Bybel aan Abraham en Moses geopenbaar is.Sells, Michael, Approaching The Qur'an, p. 72-73,

Dié hoofstuk word dikwels beskou as een van sewe (andersins vyf) soeras wat met die verheerliking van God begin.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran