Al-Layl (Arabies: الليل, "Die Nag") is die 92ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 21 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1. Die hoofstuk begin met 'n eed op die nag, die dag, die man en die vrou. Teenoorgesteldes word teenoor mekaar gestel, ook twee soorte mense: hulle wat offergawes gee en hulle wat gierig is. Albei soorte se lot in die hiernamaals word bespreek.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran