Ronell Renett Klopper, née Visser, (gebore 26 Januarie 1974 - ), is 'n Suid-Afrikaanse plantkundige.A Biographical Dictionary of Contributors to the Natural History of the Free State and Lesotho, AFRICAN SUN MeDIA, 2014, 365 p. ( en ), p. 149-150. Sy is sedert 2014 die Suid-Afrikaanse Nasionale Plantkontrolelys-koördineerder in die Afdeling Fundamentele Biodiversiteitswetenskappe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI). Klopper is verantwoordelik om die plantkontrolelys op datum te hou en om met die Biodiversiteitsinligtingbestuurseenheid van SANBI te skakel vir die aanlynverspreiding daarvan. Hierdie kontrolelys vorm die taksonomiese ruggraat vir talle projekte, en bestuurs- en gesprekbeplanningsaktiwiteite. Sy kureer ook die Lycopodiophyta-, Pteridophyta- en Asphodelaceae-versamelings van die Nasionale Herbarium (PRE), Pretoria, en doen navorsing oor hierdie groepe. Klopper word tans deur die Nasionale Navorsingstigting as 'n C3-wetenskaplike (Gevestigde navorser) gegradeer.Curriculum vitae of Ronell R. Klopper, 12 Desember 2022.
Die standaard- skrywerafkorting Klopper word gebruik om Ronell Renett Klopper as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam gebruik word.
Agtergrond Klopper, Ronell Renett is op 26 Januarie 1974 in Randfontein, Gauteng, gebore. Dogter van Dawid Jacobus en Ella Petronella Visser.Ronell Renett Klopper in Prabook, https://prabook.com/web/ronell_renett.klopper/119481 , besoek op 13 Desember 2022.
Opvoeding Sy behaal ‘n Baccalaureus scientiae in Natuurwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, in 1994 en ‘n Baccalaureus scientiae in Plantkunde aan dieselfde universiteit in 1995. Daarna verwerf sy 'n Meestersgraad in Planttaksonomie, aan die Universiteit Pretoria in 2000.Ronell Renett Klopper in Prabook, https://prabook.com/web/ronell_renett.klopper/119481 , besoek op 13 Desember 2022. Klopper behaal ‘n Ph.D. in Plantkunde in 2015. Haar Ph.D. proefskrif, getiteld Contributions to the systematics of the genus Aloe L. in southern Africa, spruit uit haar betrokkenheid by die Aalwyne van die Wêreld-projek en verskaf 'n sintese van kennis van die 210 aalwyne wat in Suider-Afrika voorkom.
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1974 Klopper, Ronell Renett Kategorie:Lewende mense