Ad-Dhuha (Arabies: الضحى, "Die Glansrykheid van die Nag" of "Die Helder Oggend") is die 93ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 11 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Hoewel geleerdes soms daaroor debatteer, word dié hoofstuk beskou as die tweede een wat aan Mohammed onthul is. Nadat die eerste soera, al-Ala'k, ontvang is, was daar geen verdere boodskappe nie en Mohammed het gewonder of hy God mishaag het. Dié soera het die stilte verbreek en Mohammed verseker alles sal mettertyd verstaan word.
Die hoofstuk begin met 'n eed. Dit vra dat die leser voorberei word vir die les wat gaan kom. En dan word onthul dat God gunste aan sy boodkapper bewys.
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran