Ash-Sharh (Arabies: الشرح) of Al-Inshira (Arabies: الإنشراح), "Die Verruiming" of "Die Vertroosting", is die 94ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 8 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1. Vanweë die tema, lengte, styl en plasing in die Koran word dit dikwels met ad-Dhuha (soera 93) verbind. Daar word algemeen geglo hulle is in min of meer dieselfde tyd geopenbaar. Dit lyk of die inhoud van "Die Verruiming" 'n voortsetting is van die gerusstelling en aanmoediging wat in die vorige hoofstuk gegee word.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran