thumb|130px|links|Die soera "Die Oorweldigende Gebeurtenis".
Al-Ghashiya (Arabies: الغاشية, "Die Oorweldigende Gebeurtenis") is die 88ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 26 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1. Die hoofstuk se onderwerpe is die Paradys, die hel en die wonder van die skepping van alle dinge deur God.
Aan die einde, in vers 21-22, praat God met Mohammed en sê Hy vir hom: "Vermaan dan, want u is slegs ’n waarskuwer; U is geen bewaarder oor hulle nie."Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran