Ash-Shams (Arabies: الشمس, "Die Son") is die 91ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 15 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1. Die hoofstuk begin met 'n eed op verskeie sterrekundige verskynsels, waarvan die eerste die son is, gevolg deur die maan, dag en ander skeppings.

Dit beskryf die lot van Thamoed, 'n voorheen vooruitstrewende Arabiese stam. Die profeet Salieg het hulle gevra om in God se naam 'n sekere kameelkoei, of kamelin, te laat drink.Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Hulle was egter ongehoorsaam en het die kamelin doodgemaak. God het hulle almal verdelg, buiten dié wat Salieg gevolg het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran