Al-Fajr (Arabies: الفجر, "Die Dagbreek") is die 89ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 30 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1. Die hoofstuk beskryf die verwoesting van ongelowige volke: die Antieke Egiptenare en die volke van Aad, Iram en Thamoed. Dit veroordeel diegene wat van weelde hou en op armes en weeskinders neersien. Regverdige mense word die Paradys belowe: "en gaan saam met hulle My Paradys binne!"Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran