Al-Nazi'at (Arabies: النازعات, "Hulle Wat Uitruk") is die 79ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 46 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1: "hulle wat met geweld uitruk".Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Die onderwerp word beskou as 'n bewys dat dit in die vroegste tydperk in Mekka geopenbaar is. As dié soera saam met die vorige vier (Die Herrysenis, Die Mens, Die Gesante en Die Aankondiging) gelees word, raak dit duidelik dié hoofstukke is in dieselfde tyd geopenbaar en hulle behandel dieselfde onderwerp: om die herrysenis en hiernamaals te bevestig en die straf van die ongelowiges uit te stippel.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran