Al-Infitâr (Arabies: الانفطار, "Die Klowing") is die 82ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 19 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1 en 2: "Wanneer die hemele van mekaar gekloof en die sterre verstrooi sal word".Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Die hoofstuk, saam met Wanneer Die Son Opgevou Sal Word en Die Uiteenbarsting, beskryf die verskriklike tonele van die oordeelsdag.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran