Al-Burûj (Arabies: البروج, "Die Sterre") is die 85ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 22 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1: "By die sterbesaaide hemel".Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Die titel word ook as "Die Groot Sterre" vertaal.Quran sura 85: sien vertalings deur Arberry, Pickthall en Palmer Die woord Al-Burûj is die meervoud van Burj, wat "fort" of "toring" beteken; iets wat van 'n afstand gesien kan word.
In die soera word vetrel van die vuur wat oor die vervolgers van die gelowiges gekom het. In vers 11 word die beloning van die gelowiges genoem. Laastens word Farao en Thamoed voorgehou as voorbeelde van wat gebeur as mense die Koran verwerp.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran