Al-Mutaffifîn (Arabies: المطففين, "Die Bedrieërs") is die 83ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 36 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1. Die hooftema van die hoofstuk is die hiernamaals. Dit begin met 'n veroordeling van mense wat valse mate en gewigte gebruik.George Sale - Mohammed, The Quran, vol. 4 Sulke bedrieërs en mense wat God verloën, word gewaarsku dat hulle naam aangeteken word. Daarna word die vreugde van die deugsames beskryf.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran