Al-Mursalât (Arabies: المرسلات, "Die Gesante") is die 77ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 50 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1. Die onderwerp word beskou as 'n bewys dat dit in die vroegste tydperk in Mekka geopenbaar is. As dié soera saam met die vorige twee (Die Herrysenis en Die Mens) en die volgende twee (Die Aankondiging en Hulle Wat Uitruk) gelees word, raak dit duidelik dié hoofstukke is in dieselfde tyd geopenbaar en hulle behandel dieselfde onderwerp: om die herrysenis en hiernamaals te bevestig en die straf van die ongelowiges uit te stippel.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran