Die geheimsinnige letters of allegoriese letters (Arabies: حُرُوف مُقَطَّعَات, ḥurūf muqaṭṭa'āt, "losgemaakte letters") is kombinasies van tussen een en vyf Arabiese letters waarmee 29 van die 114 hoofstukke (soeras) van die Koran begin ná die Islamitiese Basmala-frase. Dit is ook bekend as "openingsletters" (فَوَاتِح, fawātiḥ), omdat hulle die openingsvers van hulle onderskeie soeras is.
Die helfte van die Arabiese letters (14 van 28) word as allegoriese letters gebruik, soms alleen en soms saam met een, twee, drie of vier ander. Dié letters is: Alief, Gaa, Raa, Sien, Sôd, Tô, Ein, Kaaf, Kôf, Laam, Miem, Noen, Haa, Jaa). Tipiese kombinasies is byvoorbeeld Alief, Laam, Miem aan die begin van hoofstuk 2, 3, 29, 30, 31 en 32, of Alief, Laam, Raa aan die begin van hoofstuk 10, 11, 12, 14 en 15. Vier hoofstukke is na hulle muqatta'āt genoem: Ta-Ha, Yasin, Sad en Kaf; in Afrikaans ook 'n vyfde, Gaa-MiemDie Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. (Fussalat).
Die oorspronklike betekenis van die letters is onbekend. Volgens teksverklarings van die Koran is hulle afkortings van óf name of eienskappe van God of van die name of inhoud van die onderskeie hoofstukke. Moslems glo oor die algemeen die betekenis is net aan God bekend.
Lys Muqatta'at kom voor in soera 2-3, 7, 10-15, 19-20, 26-32, 36, 38, 40-46, 50 en 68. Verskeie letters word aaneengeskryf asof hulle een woord is, maar elke letter word apart uitgespreek.
Soera Muqatta'ātAl-Bakarah Alief Laam Miem المAli Imran Alief Laam Miem المAl-A'raf Alief, Laam, Miem, Sôd المص Yunus Alief Laam Miem الرHud Alief, Laam, Raa الرYusuf Alief, Laam, Raa الرAr-Ra'd Alief, Laam, Miem, Raa. المرIbrahim Alief, Laam, Raa الرAl-Hidjr Alief, Laam, Raa الرMaryam Kaaf, Haa, Jaa, Ein, Sôd كهيعصTa-Ha Tô-haa طهAsh-Shu'ara Tô, Sien, Miem طسمAn-Naml Tô, Sien طسAl-Kasas Tô, Sien, Miem طسمAl-Ankabut Alief, Laam, Miem المAr-Rum Alief, Laam, Miem المLukman Alief, Laam, Miem المAs-Sajdah Alief, Laam, Miem المYasin Jaasien يسSad Sôd صGhafir Gaa Miem حمFussilat Gaa Miem حمAsh-Shura Gaa Miem; Ein-Sien-Kôf حم عسقAz-Zurhruf Gaa Miem حمAd-Durhan Gaa Miem حمAl-Jathiyah Gaa Miem حمAl-Ahkaf Gaa Miem حمKaf Kôf قAl-Kalam Noen ن
Voorkoms In al die gevalle buiten drie word dié letters feitlik onmiddellik gevolg deur 'n openbaring (die uitsonderings is die soerat al-Ankabut, ar-Rum en al-Kalam). Sommige geleerdes reken selfs dié hoofstukke hoort by die ander, omdat die openbaring later in die soera voorkom. In agt gevalle begin die daaropvolgende verse met "Dit is die verse...", in vyf gevalle met "Die openbaring..."; in nog drie met "By die Qur'an..."; en in nog twee "By die Boek..."
Verder is al die hoofstukke buiten drie Mekkaanse soeras (die uitsonderings is die soerat al-Bakarah, Ali Imran en ar-Ra'd.)
Verwysings
Skakels
Kategorie:Koran