Ash-Shura (Arabies: الشورى, "Beraadslaging") is die 42ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 53 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Dit begin met die allegoriese letters (muqatta'at) Gaa-Miem; Ein-Sien-Kôf.

Die naam kom uit vers 38. Dit is die enigste keer dat die term shura in die Koran voorkom, en dit is voorheen nêrens gebruik nie.

Openbaring (soera 42:51) In die Islamitiese tradisie dien soera 42:51 as die basis waarvolgens openbaring (wahi) verstaan moet word.

"Dit is nie aan die mens toegestaan dat Allah met hom sal praat nie, behalwe deur openbaringe, of van agter ’n sluier, of deur ’n boodskapper te stuur om deur Sy gebod te openbaar wat Hy wil."Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Volgens geleerdes dui die vers daarop dat daar drie maniere is waarop God se openbaringe sy gekose individue, veral profete, kan bereik.Muhammad Shafi Usmani, Maariful Quran, sien kommentaar oor 42:51

'n Geïnspireerde boodskap – nie 'n woord nie, maar 'n idee – kan in die hart van die gekose individu geplant word, óf in 'n bewuste toestand óf in 'n droom. Die tweede manier is die woord wat die persoon met wie gepraat word, hoor, soos van agter 'n sluier. Die derde manier is dat die openbaring van God af deur aartsengele soos Gabriël aan die profete gestuur word. Dit is die hoogste vorm van openbaring en Moslems glo die hele Koran is op dié manier geopenbaar.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran