Die Waboomsberge is 'n bergreeks in die Langeberg Plaaslike Munisipaliteit, in die Kaapse Wynlanddistrik, provinsie Wes-Kaap geleë. Dit vorm deel van die Kaapse Plooigordel in die Wes-Kaap, in die suidweste van Suid-Afrika.
Geografie Die Waboomsberge bereik 'n hoogte van 1 405 meter bo seevlak, die hoogste punt in die gebied. Die landskap rondom Waboomsberg is meestal heuwelagtig, maar na die noorde is dit betreklik plat. Die gebied is ylbevolk en daar is geen dorp in die onmiddellike omgewing nie. Montagu is 20 km na die suidweste geleë, maar heelwat verder per pad. Die gebied rondom die Waboomsberge is byna heeltemal oortrek met bosse. Suidwaarts van die Waboomsberge tot aan die Langeberg is opeenvolgende plooiende valleie van die Kaapse Plooigordel ingewig.
Tipiese plantegroei van die Wes-Kaapse fynbos kom hier volop voor, waaronder die heuningkoeksuikerbos (Protea sulphurea) en bergroossuikerbos (Protea canaliculata).
Soortgelyke bergname Noord van Die Koo is die Waboomberge (1337 m), 'n westelike uitloper van hierdie reeks, wat deur Rooihoogtepas oorgesteek word. Noordoos van Ceres is die Waboomberge (1849 m), waarvan die voet deur die Theronsbergpas (R46) oorgesteek word. By Matjiesrivier is die Waboomsberg by die suidpunt van die Swartbergpas geleë. Net oos van Joubertina is ook 'n Waboom(s)berg van geringe omvang aan die suidoewer van die Kougarivier.
Verwysings
Eksterne skakel Google-kaart van die Waboomsberg by Geonames.org (cc-by)
Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap