Ghafir (Arabies: غافر, "Die Vergewer", met verwysing na God) is die 40ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 85 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Dit is ook bekend as Al-Muʼmin (المؤمن, "Die Gelowige").

Die soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Gaa Miem.

Opsomming Die naam "Die Gelowige" kom uit vers 28, wat 'n gelowige van die volk van die farao noem wat Moses ondersteun en na hom verwys as 'n "gelowige man".Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Die naam "Die Vergewer" kom uit vers 3.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran