Fussilat (Arabies: فصلت, "in detail verduidelik") is die 41ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 54 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die naam in die Afrikaanse Koran is "Gaa-Miem", die allegoriese letters (muqatta'at) waarmee dit begin.

Openbaring (soera 41:12) Die woord wahi of awha kom in 'n verskeidenheid skakerings van betekenisse in die Koran voor, terwyl elkeen dui op die idee van opdrag of leiding gee aan iemand of iets, byvoorbeeld in vers 12: "en vir elke hemel sy taak aangewys".Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Die vertaler Sam Gerrans sê die gebruik van wahi of awha deur die hele Koran bevat 'n element van die imperatief (bevelsvorm). Die vers kan dus gelees word as: "en elke hemel onderrig in sy taak".

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran