Al-Kafirun (Arabies: ٱلكَافِرُون, "Die Ongelowiges") is die 109de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 6 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Ajat Sê: O ongelowiges! Ek aanbid nie dít wat julle aanbid nie, nog minder aanbid julle Hom vir wie ek aanbid. Ook sal ek nie aanroep wie julle aanroep nie, nog minder roep julle Hom aan vir wie ek aanroep. Vir julle is daar júlle geloof en aanbidding, en vir my is daar mý geloof en aanbidding.Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran