Al-Masad (Arabies: ٱلمَسَد, "Die Vlam") is die 111de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 5 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Ajat ۝ Aboe Lahab se hande sal vergaan, en hý sal vergaan. ۝ Sy rykdom en sy inkomste sal hom nie baat nie. ۝ In die Vlammende Vuur sal hy brand, ۝ en sy vrou ~ die skindertong ~ ۝ sy sal ’n halter van palmveseltou om haar nek dra.Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran