thumb|208px|'n Dubbelbladsy met die begin van die soera "Die Familie van Amran". Uit die Koran van die toekomstige sultan Baibars in 1304. (Britse Biblioteek).

Ali ‘Imrân (Arabies: آلِ عِمْرَان, "Die Familie van Amran") is die 3de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 200 ajat, of verse, wat begin met die allegoriese letters (muqatta'at) A.L.M.islamawakened.com 32/1Yusuf Ali (Saudi Rev. 1985)] Dit word uitgespreek Alif Laam Miem.Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Amran word in Islam beskou as die vader van Maria. Dié hoofstuk is genoem na die familie van Amran, wat Amran; sy vrou, sint Anna; Maria; en Jesus insluit.

Die hoofstuk is vermoedelik die tweede of derde Medinese soera wat geopenbaar is, want dit noem gebeure in die Slag van Badr sowel as die Slag van Oegoed. Feitlik alles daarin behoort ook tot die derde jaar van die hidjra, hoewel 'n paar verse omstreeks die 10de jaar van die hidjra geopenbaar kon gewees het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran