Al-Fala'k (Arabies: ٱلفَلَق, "Die Dagbreek") is die 113de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 5 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Ajat ۝ Sê: Ek neem my toevlug tot die Heer van die dagbreek, ۝ teen die sonde wat Hy vasgestel het, ۝ en teen die groot duisternis, wanneer dit kom; ۝ en teen die boosheid van toordokters wanneer hulle oor knope blaas; ۝ en teen die boosheid van die afgunstige, wanneer sy naywer hoogty vier.Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran