thumb|175px|'n Bladsy uit die Blou Koran met 'n deel van die soera "Die Koei". Museum van Islamitiese Kuns, Doha.

Al-Ba'karah (Arabies: الْبَقَرَة, "Die Koei") is die 2de en langste soera, of hoofstuk, van die Koran.Salwa M. S. El - Awa, Introduction to Textual Relations in Qur'an, pg. 1. Part of the Routledge Studies in the Qur'an series. Londen: Routledge, 2005. Dit bevat 286 ajat, of verse, wat begin met die allegoriese letters (muqatta'at) A.L.M.islamawakened.com 32/1Yusuf Ali (Saudi Rev. 1985)] Dit word uitgespreek Alif Laam Miem.Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Die soera gaan oor 'n verskeidenheid onderwerpe en bevat leiding vir Moslems oor hoe om te vas gedurende Ramadaan;Michael Binyon, Fighting is 'allowed' during the holy month of fasting The Times, 18 Desember 1998 'n verbod op rente of woekery; en verskeie beroemde verse soos die Troonvers, Al-Baqarah 256 en die laaste twee of drie verse. Dit behandel 'n groot verskeidenheid onderwerpe, insluitende sjaria, en hervertel stories van Adam, Abraham en Moses. 'n Belangrike tema is leiding: onder meer 'n beroep dat die heidene en Jode van Medina Islam omhels.

Moslems glo Al-Baqara is ná die hidjrah oor 'n lang tydperk in Medina geopenbaar, buiten die riba-verse, wat volgens Moslems geopenbaar is tydens die vaarwelpelgrimstog, die laaste gadj van Mohammed.Mahmoud Ayoub, The Qurʾan and its interpreters, pg. 55. Albany: State University of New York Press, 1984. Daar word geglo vers 281 in dié hoofstuk is die laaste vers van die Koran wat geopenbaar is, op die 10de dag van Dhu'l Hidjdja 10 A.H., terwyl Mohammed sy laaste gadj uitgevoer het, 80 of 90 dae voor sy dood.Qurtubi

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran