Ruschia caroli is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is. Die spesie word in die Wes-Kaap aangetref vanaf die Olifantsrivier en Worcester Karoo waar dit op die rotsagtige, sandsteen hellings groei. Dit is deel van die fynbos. Die plant dra magenta kleurige blomme in Augustus en September.

Bronne John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

caroli Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika