Ruschia macowanii is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is. Die spesie is deel van die fynbos en word in die Wes-Kaap aan die kus tussen rotse aangetref. Dit neig om te rank en word tot 20 cm hoog. Die plant dra pienk kleurige blomme, 20 mm in deursnee, van Augustus tot Oktober.
Galery
Bronne John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
macowanii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika