Ruschia tecta is 'n vetplant en struik uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en word tot een meter hoog. Die spesie is deel van die fynbos en sandveld. Dit word in die Wes-Kaap van Langebaan tot by Darling en Melkbosstrand aangetref. Die plant het 'n voorkomsgebied van 240 km² en daar is slegs vyf subpopulasies oor. Die plant word deur kusontwikkeling, gewasverbouing en indringerplante bedreig.

Van September tot Oktober dra die plant perskleurige blomme, 20 mm in deursnee met 'n wit kern.

Bronne John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

tecta Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika