Sprota was 'n vrou uit die vroeë 10de eeu wat van obskure afkoms was, en "involge Wikinggebruik" (more danico) metVan Houts, Gesta Normannorum Ducum, 1994, 1:xxxviiiReynolds, Marriage in the Western Church, 1992, 111 Willem I van Normandië getroud was. By hom het sy geboorte geskenk aan sy opvolger, Richard I, Graaf van Normandië. Na die dood van Willem is sy getroud met 'n welgestelde grondeienaar genaamd Esperleng, en by hom het sy 'n verdere seun gehad, die Normandiese edelman Rodulf van Ivry.Philippe, La Normandie an xe siècle, 1845, 6Crouch, The Normans, 2007, 26Van Houts, The Normans in Europe, 2000, 4

Lewe

Die eerste vermelding van Sprota is deur haar tydgenoot, Flodoard van Reims. Alhoewel hy haar nie by name noem nie, identifiseer hy haar onder die jaar 943 as die moeder van "Willem se seun [Richard], gebore uit 'n Bretonse minnares".Fanning and Bachrach, The Annals of Flodoard of Reims , 2011, p. 37 Elisabeth van Houts skryf: "op hierdie verwysing berus die identifikasie van Sprota, Willem I se vrou 'volgens Deense gebruik', as afkomstig vanuit Bretagne".Van Houts, The Normans in Europe, 2000, 47 n. 77 Die beskrywing kan verdermeer van toepassing wees op enigiemand van inheemse Bretonse, Skandinawiese, of Frankiese etnisiteit. Laasgenoemde is die waarskynlikste, gebaseer op die spelling van haar naam.Van Houts, The Normans in Europe, 2000, bl. 182 Die eerste persoon wat haar naam verskaf het was Willem van Jumièges,Keats-Rohan, 'Poppa of Bayeux and Her Family', 1997, 192Van Houts, Gesta Normannorum Ducum, 1992, 1:78-9wat in die tweede helfte van die 11de eeu geskryf het. Die naam Sprota blyk dieselfde wortel te bevat as die antroponiem Sprot wat in die Domesday Book en in verskeie plekname in beide Engeland en Normandië gevind word, soos byvoorbeeld Sprotbrough (Sproteburg 1086) en Epreville (Sprovilla 1025).. Dit kan terselfdertyd ook van Angelse (Sprota),A. D. Mills, A Dictionary of British Place Names, Oxford University PressPrint, 2011, , p. 619 Anglo-Skandinawiese, of Skandinawiese afkoms wees (sien SprotiSproti op Nordic Names (aanlyn leeswerk)).

Die nie-Christelike aard van haar verhouding met Willem het 'n verleentheid vir haar seun Richard I geword. Die Franse koning, Louis IV van Frankryk, "het die seun erge beledigings toegesnou", en hom "die seun van 'n hoer wat 'n ander vrou se man verlei het," genoem<ref>Van Houts, Gesta Normannorum Ducum' ', 1992, 1:102-3 n. 5</ref>Albu, The Normans in their history, 2001, 69.

Ten tyde van die geboorte van haar eerste seun Richard het Sprota in haar eie huishouding in Bayeux onder Willem se beskerming gewoon. Willem, wat sopas 'n rebellie by Pré-de Bataille verslaan het, (ongeveer 936),Die datum van die geveg, en as sodanig Richard I se geboorte, word algemeen aangegee as 936 maar volgens die Annale van Jumièges (red. Laporte, bl. 53) is Richard gedoop in 938. Sien Van Houts, Gesta Normannorum Ducum, 1992, 1:78-9 n. 5. het die nuus dat Sprota pas geboorte geskenk het aan 'n seun by 'n boodskapper verneem; hy was verheug oor die nuus en het beveel dat sy seun gedoop word en die naam Richard gegee word.

Na die dood van Willem I en die gevangenskap van haar seun Richard, is sy deur die "ontsaglik welvarende" Esperleng uit haar gevaarlike situasie "gered". Robert van Torigni het Sprota se tweede manWaarskynlik ook volgens die Viking- of Deense gebruik. Sien: Searle, Predatory Kinship, 1988, 291 n. 2 as Esperleng, 'n ryk grondeienaar wat in Pîtres verskeie meule bedryf het, geïdentifiseer.Searle, Predatory Kinship, 1988, 108

Familie

By Willem I was sy die moeder van:

Richard I, Graaf van NormandiëSchwennicke, Europäische Stammtafeln, 1984,

By Esperling van Vaudreuil was sy die moeder van:

Rodulf van IvrySchwennicke, Europäische Stammtafeln, 1989, 694A verskeie dogters wat getroud is met Normandiese magnate

Notas

Verwysings

Bronne Emily Albu, The Normans in their histories: propaganda, myth and subversion, (Boydell Press, Woodbridge, 2001). David Crouch, The Normans: The History of a Dynasty, (Hambledon Continuum, 2007). Steven Fanning en Bernard S. Bachrach, vert., The Annals of Flodoard of Reims, 916-966, (University of Toronto Press, 2011). Katherine S. B. Keats-Rohan, 'Poppa of Bayeux and Her Family', The American Genealogist, vol. 72 (Julie–Oktober 1997), pp. 187–204. Delphine Lemaître Philippe, La Normandie an xe siècle, suivie des Recherches sur les droits des rois de France au patronage d'Illeville, (A. Perone, Rouen, 1845). Philip Lyndon Reynolds, Marriage in the Western Church, (Leiden; New York: E.J. Brill, 1994). Detlev Schwennicke, Europäische Stammtafeln: Stammtafeln zur Geschichte der Europäischen Staaten, Neue Folge, Band II: Die Ausserdeutschen Staaten Die Regierenden Häuser der Übrigen Staaten Europas(Marburg, Duitsland: Verlag von J. A. Stargardt, 1984). Eleanor Searle, Predatory Kinship and the Creation of Norman Power, 840-1066 (University of California Press, Berkeley, 1988). Elizabeth M. C. Van Houts, vert., The Gesta Normannorum Ducum of William of Jumièges, Orderic Vitalis, and Robert of Torigni, (Clarendon Press, Oxford, 1992). Elizabeth M. C. Van Houts, vert., The Normans in Europe'', (Manchester University Press, 2000).

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk