Willem du Plessis (gebore 4 September 1955)ESPNScrum.com: Willie du Plessis is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler.

Du Plessis is in Somerset-Oos in die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika gebore. Sy pa, ook genaamd Willie, het provinsiale rugby vir die Oostelike Provinsie gespeel en sy oupa aan moederskant, Michael Josias du Plessis het in 1923 en 1924 vir die Westelike Provinsie gespeel. Du Plessis is by Gill-kollege in Somerset-Oos opgelei en het in 1973 die Noordoos-Kaap by die jaarlikse Cravenweektoernooi verteenwoordig. Hy het ook die Oostelike Provinsie by die Suid-Afrikaanse junior atletiekkampioenskappe verteenwoordig.

Spelerloopbaan Du Plessis het in 1975 by die Universiteit Stellenbosch ingeskryf vir 'n graad in Liggaamlike Opvoeding en in 1977 sy debuut vir die Westelike Provinsie gemaak. Tussen 1977 en 1982 het hy 67 wedstryde vir die Westelike Provinsie gespeel en was lid van die Westelike Provinsiespan wat die Curriebeker in 1982 gewen het. Twee van sy broers, Michael en Carel, was ook in die 1982 Curriebeker-wenspan.

Du Plessis het op 26 April 1980 sy toetsbuiging vir die Springbokke teen die besoekende Suid-Amerikaanse Jaguars gemaak en sodoende die 500ste Springbokrugbyspeler geword. Hy het 14 keer opgedraf en 3 toetsdrieë vir die Springbokke gedruk. Du Plessis het ook in ses toerwedstryde gespeel en vier drieë vir die Springbokke gedruk. Hy het aan die einde van die 1982-seisoen, op die ouderdom van 26, uitgetree om te gaan boer.

Persoonlik Du Plessis is die broer van Michael du Plessis en Carel du Plessis, albei oud-Springbokke en die pa van Lizaan du Plessis, 'n voormalige professionele tennisspeler. Sy vierde broer, Jacques du Plessis het provinsiale rugby vir Westelike Provinsie en Oostelike Provinsie gespeel. Gedurende die laaste deel van die 2000's het Du Plessis na Australië geëmigreer en is in Sydney woonagtig.

Verwysings

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokrugbyspelers