duimnael|Kenteken van die Australiese Ope sedert 2017 duimnael|Die Margaret-baan by die Australiese Ope duimnael|Binnekant van die Rod Laver Arena voor 'n wedstryd

Die Australiese Ope (Engels: Australian Open) is 'n groot tenniskampioenskap wat jaarliks in Januarie op Melbournepark, Australië, aangebied word. Dit is die eerste Grand Slam-toernooi van die jaarlikse tenniskalender. Dit is die grootste sporttoernooi wat jaarliks in Australië plaasvind.

Soos by alle Grand Slam-toernooie word mans- en damesenkels, mans- en damesdubbels, gemengde dubbels en juniorkampioenskappe gespeel. 'n Toernooi vir rolstoel-tennisspelers en vertoonwedstryde deur bekende spelers word ook aangebied.

Geskiedenis Oorspronklik is die kampioenskap aan die begin van die kalenderjaar gehou. In 1977 word dit verskuif na einde Desember (rondom Kersfees) en is twee kampioenskappe die jaar in beide Januarie en Desember aangebied. Teen einde 1985 word besluit om na die oorspronklike reëling terug te val en dat die volgende kampioenskap eers in 1987 gespeel sou word. As gevolg hiervan is geen kampioenskap in 1986 gehou nie.

Voor 1983 het baie van die wêreld se beste spelers nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie. Die hoofrede hiervoor was dat dit te ver was om te reis en baie spelers het dit nie as 'n belangrike toernooi geag nie.

Hitte-beleid Die toernooi word in Januarie, tydens die warm Australiese somer gespeel. In 1998 word 'n uitermatige hitte-beleid ingevoer. Dit is die enigste groot toernooi wat so 'n beleid het. Sodra die temperatuur bokant 35 grade Celsius styg kan spel vir 'n rukkie gestop word om dehidrasie van deelnemers te voorkom. Wedstryde op buitebane word dan onderbreek. Die dak oor die hoofstadion kan toegemaak word en verkoelingstelsels kan aangeskakel word. In 2007 het temperature op die bane tot bokant 50 grade Celsius gestyg.

Finaliste Hieronder die mees onlangse finaliste in beide die mans- en damesenkelspel:

Mans Jaar Wenner Naaswenner 2026 Carlos Alcaraz Novak Djokovic 2025 Jannik Sinner Alexander Zverev 2024 Jannik Sinner Daniil Medvedev 2023 Novak Djokovic Stefanos Tsitsipas 2022 Rafael Nadal Daniil Medvedev 2021 Novak Djokovic Daniil Medvedev 2020 Novak Djokovic Dominic Thiem 2019 Novak Djokovic Rafael Nadal 2018 Roger Federer Marin Čilić 2017 Roger Federer Rafael Nadal 2016 Novak Djokovic Andy Murray 2015 Novak Djokovic Andy Murray 2014 Stanislas Wawrinka Rafael Nadal 2013 Novak Djokovic Andy Murray 2012 Novak Djokovic Rafael Nadal 2011 Novak Djokovic Andy Murray 2010 Roger Federer Andy Murray 2009 Rafael Nadal Roger Federer 2008 Novak Djokovic Jo-Wilfried Tsonga 2007 Roger Federer Fernando González 2006 Roger Federer Marcos Baghdatis 2005 Marat Safin Lleyton Hewitt 2004 Roger Federer Marat Safin 2003 Andre Agassi Rainer Schüttler 2002 Thomas Johansson Marat Safin 2001 Andre Agassi Arnaud Clément 2000 Andre Agassi Jevgeni Kafelnikov Vroue Jaar Wenner Finalis 2026 Jelena Rybakina Iga Świątek 2025 Madison Keys Aryna Sabalenka 2024 Aryna Sabalenka Zheng Qinwen 2023 Aryna Sabalenka Elena Rybakina 2022 Ashleigh Barty Danielle Collins 2021 Naomi Osaka Jennifer Brady 2020 Sofia Kenin Garbiñe Muguruza 2019 Naomi Osaka Petra Kvitová 2018 Caroline Wozniacki Simona Halep 2017 Serena Williams Venus Williams 2016 Angelique Kerber Serena Williams 2015 Serena Williams Maria Sjarapova 2014 Li Na Dominika Cibulkova 2013 Victoria Azarenka Li Na 2012 Victoria Azarenka Maria Sharapova 2011 Kim Clijsters Li Na 2010 Serena Williams Justine Henin 2009 Serena Williams Dinara Safina 2008 Maria Sjarapova Ana Ivanović 2007 Serena Williams Maria Sjarapova 2006 Amélie Mauresmo Justine Henin 2005 Serena Williams Lindsay Davenport 2004 Justine Henin Kim Clijsters 2003 Serena Williams Venus Williams 2002 Jennifer Capriati Martina Hingis 2001 Jennifer Capriati Martina Hingis 2000 Lindsay Davenport Martina Hingis

duimnael|senter|800px|Panorama oor die Margaret-baan gedurende die 2008-Australiese Ope.

Verwysings

Eksterne skakels

Die Australiese Ope se amptelike webwerf

Kategorie:Sport in Melbourne Kategorie:Grand Slam (tennis)