Kevin Melvyn Curren (gebore 2 Maart 1958 in Durban, Suid-Afrika) is 'n voormalige professionele tennisspeler. As gevolg van sy lengte het hy 'n moeilike, plat afslaan gehad. Curren het in twee Grand Slam-enkelspeleindstryde gespeel (albei op grasbane, sy voorkeuroppervlak) en vier Grand Slam-dubbelspeltitels gewen. Hy en Johan Kriek is die enigste Suid-Afrikaanse mansspelers wie se name tot dusver onder die toptien op die wêreldranglys verskyn het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Curren was die tweede Suid-Afrikaner (naas Brian Norton in 1921) wat die Wimbledon-manseindstryd gehaal het. Dit was in 1985, toe hy drie voormalige mansenkelspelkampioene (Stefan Edberg, Jimmy Conners en John McEnroe) geklop het. Hy het egter in die eindstryd teen Boris Becker verloor.

Grand Slam-rekord Die tabel toon Curren se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope1978 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 21979 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 21980 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 4 Nie deelgeneem nie1981 Rondte 2 Nie deelgeneem nie Rondte 2 Rondte 41982 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 3 Rondte 11983 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Halfeindstryd Nie deelgeneem nie1984 Eindstryd Nie deelgeneem nie Rondte 4 Rondte 21985 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Eindstryd Rondte 11986 Toernooi nie gehou nie Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 21987 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Rondte 2 Nie deelgeneem nie1988 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 21989 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 3 Nie deelgeneem nie1990 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Rondte 41991 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 2 Rondte 21992 Nie deelgeneem nie Rondte 2 Rondte 1 Rondte 1

Verwysings

Eksterne skakels

Kevin Curren se ATP-profiel Kevin Curren se ITF-profiel

Kategorie:Amerikaanse tennisspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense