Boris Franz Becker (Duits: [ˈbɔʁɪs ˈbɛkɐ]; gebore op 22 November 1967 in Leimen, Wes-Duitsland) is 'n voormalige Duitse tennisspeler. Op 17-jarige ouderdom het hy geskiedenis gemaak as die jongste persoon wat nog Wimbledon se enkelspelkampioenskap kon wen.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy was ses keer 'n Grand Slam-enkelspelkampioen en ook 'n Olimpiese gouemedaljewenner.
Ná Becker se eerste oorwinning as ongekeurde speler in 1985 het hy in 1986 weer die Wimbledon-titel gewen. Hy het Wes-Duitsland ook gehelp om hulle eerste Davisbeker in 1988 in te palm. In 1989 het hy Wimbledon, die Amerikaanse Ope en 'n tweede Davisbeker gewen.
In 1991 het Becker die Australiese Ope gewen en so die nommer een posisie op die wêreldranglys gehaal. In 1992 het hy Jim Courier in skoon stelle verslaan om die ATP-wêreldtitel. Sy finale Grand Slam-titel was in 1996, toe hy Michael Chang in vier stelle tydens die Australiese Ope geklop het.
In sy loopbaan het Becker 49 enkelspel- en 15 dubbelspeltitels gewen. Hy word onder andere onthou vir sy wedywering met spelers soos Ivan Lendl, Stefan Edberg en Michael Stich.
Vandat hy as professionele tennisspeler uitgetree het, het sy mediawerk en persoonlike lewe hom in die kollig gehou. Hy was tussen 2013 en 2016 die Serwiese tennisspeler Novak Djokovic se afrigter.
Bankrotskap In Junie 2017 het 'n hof in Londen Boris Becker bankrot verklaar. In April 2022 is Becker tot twee en 'n half jaar tronkstraf gevonnis omdat hy 2,5 miljoen euro van sy kurator teruggehou het ná sy bankrotskap in 2017.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Boris Becker speel in Ohio (1994) Die tabel toon Becker se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope1984 Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Ronde 3 Nie deelgeneem nie1985 Ronde 2 Ronde 2 Wenner Ronde 41986 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Wenner Halfeindstryd1987 Ronde 4 Halfeindstryd Ronde 2 Ronde 41988 Nie deelgeneem nie Ronde 4 Eindstryd Ronde 21989 Ronde 4 Halfeindstryd Wenner Wenner1990 Kwarteindstryd Ronde 1 Eindstryd Halfeindstryd1991 Wenner Halfeindstryd Eindstryd Ronde 31992 Ronde 3 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Ronde 41993 Ronde 1 Ronde 2 Halfeindstryd Ronde 41994 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Halfeindstryd Ronde 11995 Ronde 1 Ronde 3 Eindstryd Halfeindstryd1996 Wenner Nie deelgeneem nie Ronde 3 Nie deelgeneem nie1997 Ronde 1 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie1998 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie1999 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 4 Nie deelgeneem nie
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Boris Becker se ATP-profiel Boris Becker se ITF-profiel
Kategorie:Duitse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers