Die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek (Kirgisies: Кыргыз Советтик Социалисттик Республикасы, Kirgiz Sowettik Sotsialisttik Respoeblikasi; Russies: Киргизская Советская Социалистическая Республика, Kirgizskaja Sowjetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as Kirgizstan of Kirgisistan, was van 1936 tot 1991 een van die vyftien republieke van die voormalige Sowjetunie en was die voorloper van die huidige Kirgisië.

Dit is op 14 Oktober 1924 gestig as die Kara-Kirgisiese Outonome Oblast en was deel van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek. Op 1 Februarie 1926 het dit die Kirgisiese Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek geword wat steeds deel was van die RSFSR. Op 5 Desember 1936 het dit tydens die finale fase van die afbakening van die USSR ’n aparte republiek van die Sowjetunie geword as die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek.

Die land het hom op 31 Augustus 1991 onafhanklik verklaar nadat dit die vorige dag hernoem is tot die Republiek van Kirgisië.

Sien ook Kirgisië Sowjetunie Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Kirghiz Soviet Socialist Republic

Eksterne skakels

Kategorie:Kirgisië Kategorie:Republieke van die Sowjetunie