Pete Sampras "Petros Sampras" in die Paperback Oxford English Dictionary (Grieks: Πιτ Σάμπρας; gebore op 12 Augustus 1971 in Washington, D.C. as Petros Sampras) is 'n voormalige Amerikaanse tennisspeler. In sy loopbaan van 15 jaar het hy 14 Grand Slam-mansenkelspeltitels op 52 geleenthede gewen. Hy was 'n wêreldwye no. 1-speler en word beskou as een van die grootste spelers in die tennisgeskiedenis. Vanweë sy presiese en kragtige afslane het hy die bynaam "Pistol Pete" gekry.

Sampras se professionele loopbaan het in 1988 begin en op die VSA-Ope van 2002 geëindig waar hy Andre Agassi in die eindstryd verslaan het. Hy was die rekordhouer van sewe Wimbledon-mansenkelspeltitels tot in 2017, toe Roger Federer sy agtste titel gewen het. Sampras het ook vyf VSA-Ope-titels gewen, ’n Ope-era-rekord wat hy met Federer en Jimmy Connors deel, asook twee titels in die Australiese Ope. Sy 14 Grand Slam-titels was ’n rekord totdat Federer sy 15de titel in 2009 op Wimbledon gewen het. Rafael Nadal het dié prestasie in 2017 in die Franse Ope herhaal en Novak Djokovic in 2019 in die Australiese Ope.

Sampras het altesaam 64 enkelspeltitels gewen. Hy was in 1993 die eerste keer die wêreld se no. 1-speler en het dié posisie 286 weke lank gehou (die tweede langste naas Federer se 310 weke). Hy was van 1993 tot 1998 ’n rekordgetal van ses agtereenvolgende jare no. 1. In 2007 is hy in die Internasionale Tennisheldesaal vereer.

Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Pete Sampras in 1992 |duimnael|links|upright|Pete Sampras in 2007 Die tabel toon Sampras se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope1988 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 11989 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 41990 Rondte 4 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Wenner1991 Nie deelgeneem nie Rondte 2 Rondte 2 Kwarteindstryd1992 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Halfeindstryd Eindstryd1993 Halfeindstryd Kwarteindstryd Wenner Wenner1994 Wenner Kwarteindstryd Wenner Rondte 41995 Eindstryd Rondte 1 Wenner Wenner1996 Rondte 3 Halfeindstryd Kwarteindstryd Wenner1997 Wenner Rondte 3 Wenner Rondte 41998 Kwarteindstryd Rondte 2 Wenner Halfeindstryd1999 Nie deelgeneem nie Rondte 2 Wenner Nie deelgeneem nie2000 Halfeindstryd Rondte 1 Wenner Eindstryd2001 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 4 Eindstryd2002 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 2 Wenner

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Pete Sampras se ATP-profiel Pete Sampras se ITF-profiel

Kategorie:Amerikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse Jode