Hierdie artikel handel oor die tennistoernooi in Amerika. Vir die gholftoernooi, sien VSA-Ope (gholf). duimnael|Die Arthur Ashe-stadion se hoofbaan. duimnael|Die Arthur Ashe-stadion. duimnael|Newport Casino Tennisbaan.

Die VSA-Ope (Engels: US Open) is 'n groot tenniskampioenskap wat jaarliks teen die einde van Augustus in New York, Verenigde State, gehou word. Dit is die laaste Grand Slam-toernooi van die jaarlikse tenniskalender. Dit word gewoonlik oor 'n periode van twee weke gespeel met die eindstryd wat net voor die middel van September plaasvind.

Geskiedenis Die kampioenskap is die eerste keer in 1881 vir mans en in 1887 vir dames aangebied.

In 2006 word die VSA-Ope die eerste Grand Slam om die sogenaamde Hawk-Eye in te span. Hawk-Eye is 'n tegnologie wat die virtuele terugspeel van 'n hou wat pas gespeel is moontlik maak. Dit kom handig te pas as 'n dispuut ontstaan oor 'n hou wat moontlik uit die baan se grense is. As 'n speler nie met die skeidsregter saamstem nie, kan hy/sy vra dat die Hawk-Eye ingespan word. Sedert 2007 word die Hawk-Eye by alle Grand Slams gebruik.

Die VSA-Ope is al op drie tipes oppervlakke gespeel: Gras (1881–1974) Har-Tru ('n tipe kleibaan, 1975–1977) Decoturf ('n tipe harde baan, 1978–nou)

Titels Titels sedert die begin van die ope era in 1968 word in aanmerking geneem.

Mans duimnael|Roger Federer tydens die VSA-Ope van 2006 duimnael|Rafael Nadal tydens die VSA-Ope van 2006 Pos. Speler Aantal titels Jare gewen1 Roger Federer5 2004, 2005, 2006, 2007, 2008 Pete Sampras5 1990, 1993, 1995, 1996, 2002 Jimmy Connors5 1974, 1976, 1978, 1982, 19834 Novak Djokovic4 2011, 2015, 2018, 2023 Rafael Nadal4 2010, 2013, 2017, 2019 John McEnroe4 1979, 1980, 1981, 19847 Ivan Lendl3 1985, 1986, 19878 Carlos Alcaraz2 2022, 2025 Andre Agassi2 1994, 1999 Patrick Rafter2 1997, 1998 Stefan Edberg2 1991, 199212 Alexander Zverev1 2026 Jannik Sinner1 2024 Daniil Medvedev1 2021 Dominic Thiem1 2020 Stanislas Wawrinka1 2016 Marin Čilić1 2014 Andy Murray1 2012 Juan Martín del Potro1 2009 Andy Roddick1 2003 Lleyton Hewitt1 2001 Marat Safin1 2000 Boris Becker1 1989 Mats Wilander1 1988 Guillermo Vilas1 1977 Manuel Orantes1 1975 John Newcombe1 1973 Ilie Năstase1 1972 Stan Smith1 1971 Ken Rosewall1 1970 Rod Laver1 1969 Arthur Ashe1 1968

Vroue duimnael|Serena Williams tydens die VSA-Ope van 2013 duimnael|Venus Williams tydens die VSA-Ope van 2011 Pos. Speler Aantal titels Jare gewen1 Serena Williams6 1999, 2002, 2008, 2012, 2013, 2014 Chris Evert6 1975, 1976, 1977, 1978, 1980, 19823 Steffi Graf5 1988, 1989, 1993, 1995, 19964 Martina Navratilova4 1983, 1984, 1986, 19875 Kim Clijsters3 2005, 2009, 2010 Billie Jean King3 1971, 1972, 1974 Margaret Smith-Court3 1969, 1970, 19738 Aryna Sabalenka2 2024, 2025 Naomi Osaka2 2018, 2020 Justine Henin2 2003, 2007 Venus Williams2 2000, 2001 Monica Seles2 1991, 1992 Tracy Austin2 1979, 198114 Jelena Rybakina1 2026 Coco Gauff1 2023 Iga Świątek1 2022 Emma Raducanu1 2021 Bianca Andreescu1 2019 Sloane Stephens1 2017 Angelique Kerber1 2016 Flavia Pennetta1 2015 Samantha Stosur1 2011 Maria Sharapova1 2006 Swetlana Koeznetsova1 2004 Lindsay Davenport1 1998 Martina Hingis1 1997 Arantxa Sánchez Vicario1 1994 Gabriela Sabatini1 1990 Hana Mandlíková1 1985 Virginia Wade1 1968

Eksterne skakels

Die VSA-Ope se amptelike webwerf

Kategorie:New York (stad) Kategorie:Sport in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Grand Slam (tennis)